Jaarliks kom daar al meer akkreditasies waaraan boere moet voldoen om hul produk te verkoop. Al hierdie akkreditasies se doelpale word ook voordurend verskuif. Die administratiewe las vir boere word al hoe groter. Kan meeste van hierdie akkreditasies nie onder een sambreel gesit word nie?