Met die sprake van Namaqua wines wat moontlik as gevolg van finansiële redes aan Origen Wines verkoop kan word, die volgende: Is dit nie dalk tyd vir al die groot kelders in die vallei om onderlinge samewerking te doen nie? Daar word al vir baie jare hieroor gepraat en nog niks is daaromtrent gedoen nie.